Kontrakteur tap tenk in veld leeg Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 15 November 2021 13:16
Untitled Document

’n Inwoner het op 27 Oktober ’n foto geneem van drinkwater wat goedsmoeds uit ’n watertrok in ’n oop stukkie veld in Cullinan se Oaklaan leeggetap word.

Kontrakteurs vervoer daagliks water na nabygeleë informele nedersettings, maar die ou in beheer van dié vragmotor blyk dit makliker te gevind het om sy dagtaak op dié moeitelose manier af te handel.


Die tenk word in die veld leeggetap
Foto verskaf.

Alle pogings om klagtes by Tshwane se metroraad telefonies hieroor in te dien het misluk, omdat die nommer wat verskaf is, telkens vir tot langer as 30 minute volgens ’n stemopname geen konsultaltante gehad het wat kon help nie. Hulle was glo baie besig. ’n Opvolgende probeerslag het dieselfde resultate opgelewer.

Die Bronberger het die vragmotor se registrasienommer aan ‘n raadslid verskaf wat onderneem het om dit ‘deur te gee’.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger