Slaan munt uit ons Kersuitgawe Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 15 November 2021 13:14
Untitled Document

Só stap ’n ietwat onstuimige jaar weer vinnig einde se kant toe. Dit beteken dat Die Bronberger se baie spesiale Kersuitgawe weer op hande is.

Soos dit met vorige jare telkens die geval was, wil ons, in die gees van die Kersseisoen, ’n besondere laaste Bronnie van die jaar die lig laat sien.  Interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, met die klem op Kersfees en die feesseisoen, sal opgedis word.

Die verlede het geleer dat ons Kersuitgawes baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Een van die redes hiervoor is dat dit telkens reeds vroeg in Desember versprei word. Die Januarie-uitgawe, daarenteen, word eers teen die einde van die nuwe jaar se eerste maand uitgegee.

Dit beteken dat ons Kersuitgawe ’n langer ‘leeslewe’ as enige ander Bronnie van die jaar het. Die meeste van ons lesers het in dié vakansietyd ook baie meer ‘leestyd’ as gewoonlik. Die gevolg is dat Desember se Bronberger behoorlik en oor ’n lang tydperk geniet word en dat jou advertensie of bydrae die beste blootstelling geniet.

Omdat die Bronnie in ons lesers se huise gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in hulle advertensies oor te dra en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat in 2021 geniet is.

Die beplanning is om vanjaar reeds op 8 Desember met die verspreiding van die gedrukte Bronnie te begin. Lesers van die elektroniese weergawe van die Bronnie het oor die afgelope maande geweldig in getalle toegeneem en die versending hiervan begin selfs ’n paar dae vroeër.

Onthou net asseblief – ons sluit reeds op Dinsdag 30 November vir advertensie-bespreking. Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfees- en vakansiestories en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers kan gerus ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ’n briefie in die Bronnie oordra. Stuur jou brief per e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie in dié wen-uitgawe kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 083-959-1016 of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Jy kan ook vir Hannes by 072-992-5440 bel of ’n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger