Die antwoord Print E-mail
News - Briewe
Monday, 15 November 2021 13:13
Untitled Document

In ‘Weet iemand dalk?’ in Die Bronberger se Oktober-uitgawe het Stephan Oberholzer van Zwavelpoort gevra of lesrs dalk weet waar drie foto’s uit die 1940’s, wat ons geplaas het, geneem is. Hier is enkele antwoorde:

Koos Reyneke van Wapadrand (tans in Windhoek):
Baie dankie vir my eerste e-pos Bronberger. Ek het dadelik Rustenburg NG Kerk herken met Oom Paul oorkant die straat voor die stadsaal van Rustenburg.

Ronel Cloete van Pretoria:
Die kerkfoto is die Gereformeerde Kerk Rustenburg (Wes). My ouers is daar getroud op
3 September 1960 en ek is daar gedoop min of meer September 1961.

My 80-jarige tante Poppie (Isabel) Coetzee van Alberton sê oor die ander twee foto’s: Die gebou bo lyk soos die ou Rustenburgse stadsaal en die ander een was die hoofstraat, Kerkstraat, baie jare gelede. Dit bring mooi herinneringe terug.


Die foto in ‘Van kerke en dorpe’, geskryf deur Jan Hoevers

Hans Dittmar van Wapadrand:
Die kerk in die foto is die NG Moedergemeente in Rustenburg en die standbeeld aan die regterkant van die foto is van Paul Kruger. Dit staan oorkant die straat voor die hoof-ingang van die stadsaal.

Ineke Schuring van Queenswood:
Was weer gelukkig om vanoggend in besit te kom van die nuutste Bronberger! Sien toe die foto en vraag oor die kerk. Bygaande foto verskyn in ‘Van kerke en dorpe’, geskryf deur Jan Hoevers.

Die boek sê dat die gemeente in 1850 gestig is en dat die NG Kerk Rustenburg in 1903 in die Italiaans-Neo-Gotiese boustyl gebou is. Die argitek en boumeester was Karl Heyne.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger