Gevolge van ons dade Print E-mail
News - Briewe
Monday, 15 November 2021 13:07
Untitled Document

Martie Kraamwinkel van Elandshoek:
Ek het nou net weer bewus geword daarvan dat ons in ’n samelewing leef van lui mense.

Ons koop alles wat weggegooi kan word. Weggooibare plastieksakke as ons inkopies doen in plaas van materiaal-sakke. Weggooibare maskers, terwyl materiaal-maskers orals verkoop word.

Ons ondersteun liewers die maatskappye as die persone wat van die huis af goed maak om te verkoop. Ag nee sies, man.

Daardie maskers wat jy in die vullisdrom gooi sonder om die rekkies te knip, beland op die stortingsterreine. Voëls raak verstrik daarin. En dit kan nie regtig herwin word nie. Hou asseblief op lui wees en word bewus van die gevolge van ons dade!

Asseblief?

 

© 2024 Die/The Bronberger