Glansspreeus vat nes oor Print E-mail
News - Briewe
Monday, 15 November 2021 13:05
Untitled Document

Ben Schaap van Equestria:
Ons bly in Equestria in die ooste van Pretoria. Ons sit elke jaar of tweede jaar ’n nes op vir die houtkappers. Hulle broei gereeld tot twee keer ’n jaar in die nes vir die afgelope 15 jaar.


Die glansspreeu met kos vir die kuiken

Hierdie jaar het die glansspreeus die nes oorgevat. Die baba voëltjie is amper gereed om uit die nes te kom. Die ouers bring kos, gaan in die nes in en kom weer uit met die kos en probeer hom uit die nes kry. Ons is nie seker of daar meer as een is nie. 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger