Party proe bietjie meer Print E-mail
News - Briewe
Monday, 15 November 2021 13:02
Untitled Document

Charles Thompson van Cullinan:
Wynfees: Cullinan proe. Ander proe meer. Ander suip sommer net.

Gister is hier ’n groepie dames verby, so 30. Seker ook met ’n gemiddelde ouderdom van 30. En ’n gemiddelde IK van . . .

Hulle het nie net geproe nie. Hulle was geknetter, en die arme mans wat in toevalligheid hulle pad gekruis het . . .

Vra vir Gerhard daar by die KWD, of hy ook bietjie gaan proe. “Nee, oom. Wyn drink ek nie. Dis soos Q20. Almal en alles raak los.”

Straataf slaan die wyners hulle stalletjies op. Dis Sondag. Afdag. Sien by die kerk ook ’n stalletjie. Paar Porches op pad ontbyt toe. Ek sit en kyk die ‘bikes’. Baie BM’s vanoggend. Party groet al as hulle my sien. My rooi ronde brilletjies en wit baard en skouerhare. Jinne. Vandag gaan dit kook hier. 

Agter my staan ’n groot denneboom. Hy staan lang jare. Raak nie moeg nie. Wie kán moeg raak vir die plek? Die wind waai nogal. Maar suis deur hom. So mooi. Soos organiese musiek. Wonder of ek ook van veraf so klink.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger