Bekende van gebied se huis in puin Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 16 October 2021 06:16
Untitled Document

’n Bekende inwoner van die gebied, Theunetta Schubert (ook bekend as Pop) van Die Hoek, se huis in Rayton Estate het op 16 September afgebrand. Die brand is vermoedelik deur ’n kortsluiting in die dak veroorsaak.


Theunetta en haar dogter Mieke
Foto: Verskaf

Reddingsdienste het vertel dat die krag afgegaan het, dat die mense die krag weer probeer aansit het en dat dit glo geklink het asof daar rotte op die plafon doenig was. Van buite af kon hulle sien dat daar rook by die dak uitgekom het. Die huis is ontruim en hulp is dadelik ontbied.


Die brand teen 7.30 nm op 16 September
Foto: Laurika van der Linde

“En so is ’n groot deel van my lewe in ’n oogwink weg,” sê Theunetta, wat toe nog herstel het van die tweede keer wat sy Covid opgedoen het. “Dank die liewe Vader vir ons lewens wat gespaar is, vir Len en Nadine Greyling, en vir my kinders, Christiaan Botha en Mieke Schubert-Botha, vir alles wat hulle vir my gedoen het.”


Nooddienste en bure op die toneel
Foto: Laurika van der Linde

“Dankie vir almal wat gehelp het asook die klere en goedjies wat naamloos by my tydelike verblyf afgelaai is. Lief julle almal,” sê Theunetta, jarelange eienaar van Die Hoek kroeg, restaurant en kwekery op die hoek van die Ou Bronkhorstspruitpad en die Cullinan-Raytonpad. Sy is ook ‘n bekende eiendoms-agent in die omgewing.


Die skade in die daglig te siene op 17 September
Foto: Theunetta Schubert

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger