In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Rooi spel gevaar . . . Albert Bester het dié rooiperdebytjie van nader beloer

“Dans met die rooirok, die rooirok van my . . .” Só beskryf Eus de Clerk dié blomfoto van hom

Altie Potgieter het die begin van ’n nuwe dag by ’n dammetjie naby Cullinan vasgevang

Die kleurespel oor die kliprantjies van Rhenosterfontein waar Laurika van der Linde en haar man Johan hulle huweliksherdenking gevier het

As dié toneel die eerste ding is wat jy soggens sien as jy die agterdeur oopmaak, dan besef jy hoe bevoorreg jy is, sê Bianca Steyn

Ursela Joubert het dié rustende nonnetjiesuil helder oordag op Witfontein afgeneem

As sy kleinseuns, Adam en Krisjan, op sy Elandshoek-plaas, Vierkleur, kom kuier, geniet al wat leef hulle geselskap terdeë, sê Buks Barnard. Hier deel Simson die mooi, rooi rifrughond ’n geheim met Adam, terwyl Skapie, die hans kapokhennetjie, nader skrop vir haar aandagbeurt

Die mooi van nog ’n spesiale sonsondergang in Boekenhoutskloof se wêreld soos gesien deur die lens van Altie Potgieter

Die perfekte skoonheid van ’n klein, eenvoudige koringblommetjie is met dié foto deur
Albert Bester uitgelig

Noudat dit lente is, is die voëls baie bedrywig en word die Jonkers op Tiegerpoort se huilboerboon druk deur veral die swart- en witpenssuikerbekkies besoek. Runa-Marie Jonker sê dit was nogal ’n uitdaging om hulle af te neem omdat hulle die heeltyd aan die beweeg is

Die bewolkte toestande teen die einde van September het vir baie mooi sonsakdae op ’n wildsplaas in die omgewing gesorg
Foto: Emma Koekemoer

Jana Du Plessis het dié gewone tuin akkedis in Garsfontein onder oë gekry

Die 13-jarige Erika Grobbelaar van Rayton het dié bytjie op die laventelblom onder die
vergrootglas bekyk

Ariska Schoombee het die sonsondergang op Cullinan bewonder
|