Stofpadtrappers vat die spoor Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 16 October 2021 06:00
Untitled Document

Die Stofpadtrappers het op 18 September twee roetes op ons omgewing se stofpaaie getrap.

Die eerste rit was 70 km lank teen ’n effense vinniger spoed en meer bulte en die tweede rit was
50 km lank. Albei ritte het begin en geëindig by Die Boskombuis naby Kleinfontein en het trappers na die geskiedkundige ou stasie op Cullinan geneem.


Trappers op die treinspoor
Foto: Facebook

Dié is ’n sosiale fietsry-groep wat saam met vriende die stofpaaie in die ooste van Pretoria met hulle bergfietse aandurf, alhoewel hulle so ver as Bapsfontein, Cullinan en Bronkhorstspruit ook ry.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger