Garsfonteiners takel misdadigers se skuilplek Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 16 October 2021 05:55
Untitled Document

Sektorbestuurders van die Garsfontein-polisiestasie en gemeenskapslede het in September begin om toegegroeide gebiede, wat as wegkruipplek vir misdadigers dien, skoon te maak.

Volgens Duane Lightfoot, woordvoerder vir die Garsfontein-polisiestasie, was daar die afgelope ruk baie inbrake en diefstal uit tuine by eiendomme wat aan die spruit in Jacqueline-rylaan grens.


Inwoners takel toegegroeide gebiede
Foto: Verskaf

CCTV kameras wys duidelik dat misdadigers uit die beboste gebied en lang gras kom of weer daarin verdwyn. Duane sê dat dié sake nog ondersoek word. Die skoonmaakaksie is in Oktober voortgesit en Duane het gesê dat die projek sal voortgaan tot die gebied rondom die spruit heeltemal skoongemaak is.

Vir meer inligting, bel adjudant-offisier Lynette Erasmus: 082-334-7798.

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger