Weet iemand dalk? Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 16 October 2021 05:51
Untitled Document

Stephan Oberholzer van Zwavelpoort:
Ek het drie ou swart en wit foto’s en wil graag weet waar dit geneem is en of iemand meer daarvan kan vertel.

Agter op elke foto staan: “Kopieregfoto: Reproduksie net toegelaat met erkenning aan die Suid-Afrikaanse Spoorweë.”


Weet iemand waar dié straattoneel is?
Foto’s: Suid-Afrikaanse Spoorweë

Die foto’s was saam met ’n hele aantal vou-blaadjies van die Johannesburgse Afrikaanse Amateur Toneelspelers (JAATS) se toneelopvoerings van 1944 tot 1947 sowel as ’n ou brief uit 1947. Dit het glo aan een van die toneelspelers behoort, wat in elke opvoering ’n rol gespeel het.


Waar is dié kerk?


Waar staan dié gebou?

Is dit moontlik om dit in Die Bronberger te plaas en te kyk of iemand iets weet?

Ons meen die kerkfoto is op Rustenburg geneem. Lesers wat meer inligting het, kan ’n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of ons kantoor skakel: 012-734-0522. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger