’n Paar kort grepies, soos ontvang van lesers, om gelukwense en die verwelkoming van elke uitgawe – of dit nou elektronies of die gedrukte glanstydskrif is – te verwoord.
Rea Odendaal: Pragtige voorblad! Geluk met die Bronnie se 19de verjaarsdag. Mag daar nog vele wees
Launique van der Linde: Baie dankie, Bronnie-span – dis ’n groot voorreg. Julle is die beste! Veels geluk met die 19de verjaarsdag.
Eugene Claassen: Baie geluk met julle 19de verjaarsdag, mag daar nog vele sukses voorlê!
Helena Naudé Potgieter: So mooi! Baie geluk ons liewe Bronnie. Mag daar nog baie jare voorlê.
Martie Volschenk: Dis onbeskryflik mooi! Baie geluk. Mag daar nog vele sulke pragtige uitgawes verskyn.
Louise Pretorius: Baie dankie vir my Bronnie. So lekker om dit aanlyn te kan lees. Groete aan almal op kantoor.
Paul Smith: Dankie weereens vir die lekker-lees uitgawe van die Bronnie. Het dit nou vreeslik geniet om te lees en het baie goeie, lekker herinneringe terug gebring. Groete uit New Zeeland.
Riana Lombaard: Dankie vir die elektroniese Bronnie! Gunsteling tyd van die maand!
Prof Colin Lowe: Ek stuur die e-Bronnie na al my kinders in SA en Australië. Hulle geniet dit elke maand. Baie dankie, waardeer dit. Seën julle.
Hannelore Rossocha: Wonderlik! Ek het Die Bronberger gemis die afgelope tyd sedert ons verhuis het. |