Deel dit met ons Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 16 October 2021 05:48
Untitled Document

Hennie Heymans van Queenswood:
Weereens ’n skitterende uitgawe!

Ek gee die ‘Nongqai’ uit – ons hanteer Suid-Afrika se nasionale veiligheidsgeskiedenis met inbegrip van die Anglo Boere-oorlog. Ons sou graag die artikel, ‘Skotse Dinamite Jack, die meester trein-saboteur, sterf armlastig’, wou herpubliseer in die ‘Nongqai’, ’n gratis-aanlyn tydskrif, met volle erkenning. Ons kan selfs Die Bronberger se voorblad ook plaas.

Jack Hindon was ’n Zarp, van daar ook die spesiale belangstelling. Ek beoog om ’n spesiale uitgawe oor die Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (ZARP) te doen en dan daardie artikel oor Jack Hindon in die spesiale uitgawe te plaas.

Ek sal dit so waardeer as u, u lesers kan vra om inligting en foto’s van die Zarp en die ‘ou’ SA Polisie of SA Weermag met ons te deel. Kosbare foto’s lê en stof vergader. Deel dit asseblief met ons sodat ons nageslag kan sien wie en wat ons was.

Stuur dit per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of per WhatsApp: 072-336-1755.

Ons het Hennie laat weet dat hy welkom is om die Bronnie-artikel met die nodige erkenning te gebruik. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger