Wees op julle hoede Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 16 October 2021 05:46
Untitled Document

Hennie Brisley van Kleinfontein:
Ek wil graag ’n waarskuwing aan lesers rig: ’n Swendelaar is aan die werk in die Rayton-omgewing. Ek het ’n saaknommer by die polisie gekry en het ’n foto van die man.

Dié man sê dat hy bouwerk kan doen en bied aan om die boumateriaal vir ’n mens te gaan koop en dan loop hy weg met die geld. Of, wat met my gebeur het, hy sê sy bakkie het gebreek en toe leen ek vir hom my sleepwa, wat ek nou nog nie terug het nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger