Help ons, asseblief Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 16 October 2021 05:45
Untitled Document

Anke Nel van Rayton:
Ek is ’n mamma van vier en my ou is Rolf en ons het alles verloor met Covid. Ons het rond geswerf en besluit om Rayton toe te trek, want ons kon nie meer nie. Dinge het te veel geraak.

Ek het brein epilepsie en borskanker en Rolf is gebore met ’n hoenderborsie. Hy soek baie graag ’n werkie, maar toe hy een kry, maak hy weer die bors seer en die kliniek het gereël vir ’n operasie wat voorlê.


Van links na regs: Abby, Rolf, Tolla, Anke met Tony, en Nicole

Ons is ses mense wat in ’n klein buitekamertjie slaap en ek wil my medemense vra, as u enige goedjies het wat u nie meer wil hê of gebruik nie – voor u dit weggooi, kan u dit asseblief vir my skenk? Enige los werkie sal ook waardeer word.

Bel my by 061-823-1314.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger