Leserslens September 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 17 September 2021 07:30
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


As die kuifkophoutkapper so tussen die nuwe lenteblare sit en raas, beteken dit die reën is op pad,
sê Eus de Clerk.


Lynette Jooste het dié mooi sonsondergang in Boschkop se wêreld afgeneem


Met brose, deursigtige vlerkies vorentoe gevou, omhels sy die blomknop
Foto: Herculas van Tonder


“More, almal!” ’n Pasgeborene voel veilig genoeg om onderdeur ma se maag na die kamera te kyk. Johan Pretorius het die foto op Stillbosch-wildreservaat geneem


Herculas van Tonder het dié blousysies op Klipkop gewaar


Dié suikerbekkie geniet die aalwyne se nektar voor Gustaf van Tonder se kameralens op De Tweede Spruit


Vroegoggend, net voor die maan ondergegaan het, het Emma Koekemoer dié uitsonderlik maansondergang vasgevang 


Albert Bester het dié foto van ’n blouvalkie hoog in die windverwaaide takke geneem 


Gene de Lange van Shere wonder of dié Bronkhorstbaaise kolgans nie bygedra het tot die woeste winde in Augustus nie


Elize Maré Verwaaij het hierdie foto van ’n welkome ‘lentebaba’ geneem


Altie Potgieter sê waar daar water is, is daar meestal ’n rustigheid. Sy het dié foto
op Leeuwfontein geneem


Dit was ’n baie mooi middag by Waterlake Farm toe JF Hansen ’n entjie met die kamera in die hand gaan stap het


William het vir ’n wyle die inperking van sy mobiele tuiste verlaat vir ’n sappige happie. Laurika van der Linde het die foto geneem

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger