Mense giggel wêreldwyd vir witgat Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 17 September 2021 07:26
Untitled Document

Wie sou nou kon raai dat ’n witgatspreeu van Rietvlei-natuurreservaat wêreldwyd opspraak sou maak.

Dié foto van die witgatspreeu, geneem deur fotograaf Andrew Mayes, is een van die 42 finaliste in die internasionale ‘Comedy Wildlife Photography Awards 2021’.


Die nors witgatspreeu van Rietvlei-natuurreservaat
Foto: Facebook (Andy Mayes Wildlife Photography)

Die nors uitdrukking op die voël se gesig het vir hom ’n plek in ‘The Affinity Photo People’s Choice Awards’ gegee.

Die 41-jarige Andrew sê dat hy sy lewe lank al ’n passie vir wild-fotografie het, maar dat hy dit nog net die afgelope drie of vier jaar professioneel doen. Hy het toevallig op ’n swerm witgatspreeus, wat in ’n boom in die reservaat gesit het, afgekom en het die kans gekry om dié besonderse ‘uitdrukking’ op die voël se gesig vas te vang.


Albert Bester se omgekrapte bruinkopvisvanger

Een van die Bronnie se gereelde bydraers, Albert Bester, het self onlangs ‘n foto van ‘n erg omgesukkelde bruinkopvisvanger aangestuur, wat moontlik ‘n kans sou staan om die spreeu in ‘n kwaaikyk-wedstryd te troef.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger