Kuns maak mense se oë weer oop Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 September 2021 07:21
Untitled Document

Met ’n jaar wat onderstebo gegooi is deur Covid-19, kon CVO-leerlinge se kunswerke weer nie by die landswye kunsuitstalling, wat gewoonlik jaarliks gehou word, ten toon gestel word nie.

“Ons beleef tans moeilike tye met die inperking wat al langer as ’n jaar duur. Intussen is mense ook oorlede as gevolg van die virus en het ons gehoor dat verskeie van die kinders se lewens direk hierdeur geraak is,” sê Carol Roux van Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO), die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is, se hoofkantoor in Moreletapark.


Lianie Robberts is in graad sewe en dié kunswerk beeld haar passie uit – voëlkyk

“Daarby is plase afgebrand en mense het hulle werk verloor. Ten spyte van hierdie beproewende omstandighede, was die kunswerke van die kinders (wat gewoonlik die gemoedstoestand weerspieël) positief, kleurvol en van uiters hoë gehalte,” sê sy.


Dié teddiebeer met ’n masker aan is tekenend van die tye

Carol sê dit is verblydend om te sien dat onderwysers die kinders vryheid gegee het om hulle eie interpretasie uit te beeld. “Ons wil kinders aanmoedig om te bly skep, skilder en foto’s neem, ook ter wille van die terapeutiese waarde wat dit inhou.” 


’n Laggende sebra

“Hulle het ons bewus gemaak van die baie positiewe en pragtige dinge wat daar nog in hierdie lewe is. Hulle het hulle werk as kunstenaars, om toeskouers se oë weer oop te maak en om mense se harte aan te raak, uitstekend gedoen.”

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger