Jors loop stort sy gemors bloot elders Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 September 2021 07:19
Untitled Document

’n Rommelstorter het sy moses teëgekom toe hy drie vragte bourommel langs Moreletakloof-natuurreservaat se palissade-heining in Heliosstraat gestort het.

Mense wat dit op Saterdag 28 Augustus gesien het, het dit dadelik aangemeld. Brinant-sekerheidmaatskappy is in kennis gestel en het die kontrakteur gedwing om die rommel te verwyder.


Bourommel is gestort
Foto’s: Vriende van Moreletakloof

Volgens Vriende van Moreletakloof het die kontrakteur die rommel daarna bloot by ’n ander plek gestort – by die Grootfontein-ingang waar ’n ‘Geen storting’-bord duidelik rommelstorting verbied.


Brinant-sekerheidmaatskappy het die rommelstorters gedwing om op te ruim

Mense wat die storting by Moreletakloof gerapporteer het, het gesien dat dieselfde vragmotor daar van sy vrag ontslae raak.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger