Plaasbestuurder deur veediewe aangeval Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 September 2021 07:18
Untitled Document

’n Plaasbestuurder in die Welbekend-omgewing is op 22 Augustus aangeval toe hy met vermeende veediewe slaags geraak het.

Die aanval was ongeveer 8.30 nm op Kameelzynkraal. Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder, het gesê dat die bestuurder na die skaapkraal toe uitgegaan het toe hy die alarm hoor afgaan het.

Hy is daar aangeval en het terug baklei. Sy aanvaller en drie ander verdagtes het per voet weggekom. Llewellyn sê dat die bestuurder net ligte beserings opgedoen het. Sekerheidsmaatskappye en die gemeenskap is ná die aanval ingeroep en hulle het agtergekom dat vier ramme gesteel is.

Llewellyn raai mense af om alleen uit te gaan as ’n alarm afgaan. “Bly binne in jou huis en laat jou sekerheidsmaatskappy weet dat daar ’n probleem is,” het hy gesê.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger