Ontsettend trots Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 September 2021 07:09
Untitled Document

Liezel Yssel van Rayton:
In September is ek ’n volle 21 jaar deel van die Rayton-gemeenskap. Ek was ’n opregte en trotse stadsjapie totdat ek met my wonderlike man, Gerhard Yssel, getroud is.

Wat vir my die ongelooflikste was, en seker nog is, is dat almal my met soveel liefde en ope arms aanvaar het. Ek het gou besef hoe behulpsaam en groothartig Rayton se mense is. My geheue van ’n tyd voor hierdie dorp en sy mense het lank reeds vervaag.

Dankie aan die Bronnie-span wat my oor die afgelope 19 jaar bewus gemaak het van ’n fassinerende en ryk geskiedenis waarop ek ontsettend trots is. 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger