Seënwense vir julle Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 September 2021 07:07
Untitled Document

Cori van Zyl van Pretoria:
Baie dankie vir die kosbare Bronberger. Graag wil ek net deur Die Bronberger vir Antoinette Jooste baie dankie sê vir elke Bronnie wat sy so gereeld vir ons aandra. Was dit nie vir haar goedhartigheid nie, sou ons nooit kennis gemaak het met so ’n veelsydige tydskrif nie.

Die Bronnie is ’n hoogtepunt en ’n lekker tydverdryf. Baie dankie aan die redaksie, verspreiding en eienaar-uitgewers.

In die Mei-uitgawe, ‘Generasies geliefdes behou só kontak’, oor Anna Oelofse: Was my verbasing groot – haar seun, Frikkie de Jonge, se van is my nooiensvan en die van is nie volop in SA nie.

My ouers het in 1944 na SA geïmmigreer uit Nederland. Ek sal vreeslik graag wil weet van welke de Jonge, Frikkie afstammeling is. Groete en seënwense met Die Bronberger.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger