’n Paar kort grepies, soos ontvang van lesers, wys weereens dat daar rykhalsend na elke nuwe uitgawe van die Bronnie uitgesien word
Jan Pretorius: Pragtig! Geluk met die verjaarsdag, met die voorblad en geluk aan die fotograaf ook.
Martie Volschenk: ‘Wow,’ dit is ’n pragtige voorblad! Ek is mal daaroor. Welgedaan en baie geluk.
Gwendoline Visagie: Baie geluk met nog ’n mylpaal. Pragtige, uitstaande foto!
Elrika Kriel: Baie geluk aan die Bronnie met julle 19de verjaardag. Hoop daar is nog vele jare van lekker-lees aan ons eie Bronnie.
`Alet Erasmus: Die elektroniese ‘voorgereg’ was vol interessanthede en gistermiddag kon ek my verlustig in die harde kopie! Baie dankie aan die redaksiespan en medewerkers vir nog ’n puik uitgawe. Ons as lesers put soveel vreugde uit elke uitgawe. Baie geluk met die 19de verjaarsdag van Die Bronberger! Ons waardeer elke uitgawe!
Launique van der Linde: Baie geluk met julle verjaarsdag in September as julle ’n hele 19 jaar oud word. Die voorblad van Augustus was uitsonderlik. Geluk ook hieroor aan die Bronnie-span en Johan Pretorius.
Leonie Gunter Kraft: Baie geluk met die Bronnie se verjaarsdag in September!
Gert Johannes van Zyl: Baie geluk. Ek geniet julle tydskrif baie, vernaam in die alleentye sedert my geliefde vrou se afsterwe.
Sue-Ann Struwe: Ek verkies ’n “hard copy” [van die Bronnie]. Lekker om kopieë te kan maak vir my familie met die goed wat moontlik op hulle van toepassing is. Ek bedank julle vir ’n skitterende publikasie!
Con de Bruin: Baie dankie vir die uitstuur van die elektroniese uitgawe. Ons geniet julle tydskrif baie.
Neëltjie Zehnder: Baie dankie vir die Bronnie se Augustus-weergawe. Ek het dit elektronies afgelaai. Die leesstof is interessant – moet nog alles lees, het dit net deurgeblaai. En die buiteblad is, soos gewoonlik, pragtig.
Susan Roos: Baie dankie weereens vir my elektroniese uitgawe van die Bronnie. Ek geniet die verskeidenheid en die puik uitleg van die blad. Ek sien uit na September se uitgawe.
Linda en Andries du Plessis: Ons woon maar die afgelope paar jaar in die Bronberg-area en het van die begin af tot ons vreugde agtergekom dat hier ’n Bronnie beskikbaar is. Ons wil baie dankie sê vir die indrukwekkende tydskrif wat ons maandeliks gratis ontvang. Terselfdertyd wil ons, ons gelukwense oordra aan almal wat betrokke is by Die Bronberger met die 19de verjaarsdag. Mag daar nog vele suksesvolles wees. |