Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 20 August 2021 10:34
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.



Wild en Wakker Oppi-Plaas is op Saterdag 28 Augustus van 9 vm tot 3 nm. Daar is gratis toegang, wildsvleis, opstopkuns, leerprodukte, bosveld- en braaidinge, biltong en ’n potjiekoskompetisie. Voete en Vlerke Oppi-Plaas is op Saterdag 4 September van 9 vm tot 2 nm. Vroue stap ’n virtuele
5 km roete teen R30 per stapper en daar is ’n lugvaartekspo en private vliegtuie wat invlieg. Die Flying Lions gaan ook ’n draai maak. Oppi-Plaas Opelug Avontuurmark word elke Saterdag by Legends MX, Rhenosterfontein, op die R515 pad gehou. Daar is volop kraampies met hand- en tuisgemaakte goedere, vars gebak, vars groente, vrugte en vleis asook ponieritte, ’n mallemeule, sandkuns, ’n springkussing, klimrame, koskraampies, ’n restaurant, braaigeriewe, piekniekplekke en ’n MX baan vir kinders. Skakel 074-120-0279.

~*~


Mystery Ghost Tours in Cullinan is hosted by Mark Rose-Christie and include haunted buildings, poltergeist phenomena, a pub stop, ghost hunting cell phone app, dowsing rods and entering a graveyard with a thrilling visual climax. The tours are from 4 pm to 8.30 pm, long before curfew, and there are plenty of guest houses if you want to enjoy all there is to see and do in this tourist town the next day. All details, prices and bookings are at www.MysteryGhostProductions.co.za.

~*~


Riaan Benadé tree op 27 Augustus om 7 nm op by Inni Lang Gras, Gobeyweg, Rayton. Kaartjies kos R180. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende ‘Market at the Beach’ is op 29 Augustus op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Die verskeidenheid kraampies strek van klere, juweliersware, kuns, handvlyt, boetiekbier, etes en daar is ’n speelplek vir kinders, ’n vlugbalbaan en sandput. Skakel 071-471-6698 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


BusStop7 is ’n opelugmark wat elke Saterdag van 8 vm tot 4 nm en elke Sondag van 9 vm tot 3 nm op die hoek van Duiker- en Foxtrotstrate, Mooikloof Heights aangebied word. Die meer as 150 kraampies bied ’n verskeidenheid etes, organiese vrugte en groente, kaas, vryloop eiers, rou heuning, vleis, tuisgebakte brood en ander gebak. Daar is ook kuns- en handwerk-kraampies. Besoek www.busstop7.co.za.

~*~


Die volgende Vintage en Wyn-mark is op Saterdag 21 en Sondag 22 Augustus van 9 vm tot 3 nm op die hoek van Oaklaan en Mainstraat, Cullinan. Die Cullinan Boeremark word op dieselfde perseel op 28 en 29 Augustus gehou en bied plaaslike produkte, handgemaakte goedere en gebak. Potensiële Boeremarkuitstallers kan Danie Booysen by 082-926-4326 bel. Vir die Vintage-mark, bel Maudie Smit: 071-154-2401 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger