News -
Briewe
|
Friday, 20 August 2021 10:18 |
Untitled Document
Dr Ernie Jacobson van Lynnwoodrif:
Daar is min tydskrifte wat so keurig aangebied word soos die Bronnie en dit is lekker wanneer daar ’n nuwe Bronnie op die apteek se toonbank lê.
Dis nie noodwendig sosiale media wat mense mislei nie, maar eerder mense wat nie hulle nuuskierigheid en liggelowigheid in bedwang kan hou nie. Diep in hulle harte wil mense graag belangrik wees of, erger nog, vinnig ryk word. Die skelms daar buite weet dit en buit so mense se swakheid uit.
Wees eerder bietjie oplettend na die bron waar die nuus vandaan kom en of jy regtig belang daarby het. Daar is beslis nie ’n welvarende weldoener iewers in Engeland wat skielik lus het om sy fortuin in jou rekening te parkeer tot dit beter gaan in die wêreld nie.
En die Illuminati sit nie saans om ’n tafel die lotgevalle van die mensdom en bepaal nie.
Bly maar weg van sulke webwerwe af en luister gereeld nuus op die radio en lees die Bronnie! |
|