Fietsryers lig hek Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 August 2021 10:17
Untitled Document

Trix van den Berg van Mooiplaats:
Ek weet nie hoe om dit te stel sonder om woedend te raak nie, maar duidelik het mense nie meer respek vir ander mense se eiendom nie. Sal graag wil weet, as ek na hulle huis of landgoed gaan en dit daar doen, hoe sal hulle daaroor voel . . .

Saterdagoggend is hier ’n groep fietsryers (tussen 20 en 30) deur ons plotpaaie, Tarentaal- en Korhaanstraat. Korhaan se hek is permanent gesluit; die klein hekkie het ons as gemeenskap gesluit met Covid, vir veiligheid. Dit is nou langer as ’n jaar gesluit. Slegs inwoners wat hier bly kan die hek oop ‘bel’.

Die fietsryers, wat op ’n klubrit was, besluit om die hek op te lig, oop te skuif en uit te ry. Gaaf genoeg om die hek terug te sit, maar nie korrek nie. Ons het verskriklik probleme met die hek, so ons vermoed dit was nie die eerste keer wat hulle dit gedoen het nie.

Hartseer as ander mense se eiendom beskadig word waarvoor ander hard werk om dit in stand te hou.

Al die hoewe-eienaars in Tarentaal-, Fisant-, Kiewiet-, Volstruis- en Korhaanstraat onderhou die grondpaaie, heinings en hekke vir ons eie veiligheid. Niemand anders nie, ons!

 

© 2024 Die/The Bronberger