Leserslens Julie 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 16 July 2021 06:59
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Ronell van der Merwe het dié sakkende maan vyfuur in die oggend op Onbekend voor
die lens gekry


’n Spoggerige haan afgeneem deur Laurika van der Linde in ’n wintertuin op Rooikoppies


Abigail De Kock het die gewone blousysie op hulle Tierpoort-kleinhoewe onder oë gekry


Dié Kaapse kraalogie lê lustig weg aan ’n wintervruggie op Shere
Foto: Gene de Lange


Louisa Marè Pretorius het gewonder of dié wolke dalk reën of net koue oor die
Boschkopvallei voorspel


Lekker ontbyt saam met lekker lees, sê Marie Ziervogel oor dié foto


‘Carpe Diem,’ sê Eus de Clerk oor dié foto wat hy met sonsopkoms op Cullinan geneem het


Sy was presies op die regte tyd op die regte plek om dié asemrowende toneel vas te vang,
sê Altie Potgieter


Met sy kuif netjies gekam en sy borslap gereed, wag dié kuifkophoutkapper op sy volgende
happie op Stillbosch
Foto: Johan Pretorius


Op die eerste dag van Julie het vreemde vlieswolkies oor die winter-wildeseringveld naby Cullinan gehang en moontlike koue voorspel. Altie Potgieter het die foto geneem


Emma Koekemoer het met dié foto van haar die winterveld in die gebied treffend vasgevang


Herculas van Tonder het dié ontsnapping op Klipfontein raakgesien


Ou kuifkop sê mos altyd ‘kwê’ as hy nog wil vrugte hê
Foto: Albert Bester

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger