Gesteelde kabels gevind Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 16 July 2021 06:57
Untitled Document

’n Verdagte is op 24 Junie in hegtenis geneem ná elektriese kabels en ander toestelle wat op Cullinan gesteel is, in sy besit gevind is.

’n Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat die goedere by ’n plaaslike elektrisiteitsdepot gesteel is. Die depot se sekuriteitswagte was steeds op die toneel vasgebind.


Die elektriese kabels wat terug gevind is
Foto: SAPD

Die plaaslike landelike beveiligingskoördineerder het in die vroeë oggendure hulp ontbied ná hy ’n verdagte afleweringsvoertuig in die gebied gewaar het. Volgens konstabel Connie Moganedi, woordvoerder vir die Cullinan-polisiestasie, het lede van die misdaadvoorkomingseenheid en metro-polisie vinnig reageer en die vrag elektriese kabels en ander elektriese toestelle agter op die bakkie gevind. Een verdagte binne-in die bakkie is op die toneel in hegtenis geneem.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger