Weghol veldbrand Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 16 July 2021 06:55
Untitled Document

’n Weghol veldbrand het brandslaners op 1 Julie behoorlik laat bontstaan. Trix van den Berg van die Mooiplaats-Zwavelpoort-Tierpoort (MZT)-gemeenskap het inwoners laat weet dat ’n massiewe veldbrand langs Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) naby Riverside Castle woed. Sy het gesê dat MZT probeer help, maar dat baie plotte se ingange gesluit is en niemand die hekke oopmaak nie.

Magda Oosthuizen van Boschkop het ’n rukkie later berig dat die veldbrand al tot op Boschkop by Fire en Wine versprei het en dat inwoners hard besig was om brand te slaan.


Foto: Skermgreep uit video

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger