Trappers langs die spoor Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 16 July 2021 06:50
Untitled Document

Die Stofpadtrappers het op 12 Junie by Urban Fields in Bashewa in die pad na Bapsfontein geval. Van daar het hulle die treinspore na Rosemary Hill gevolg en ’n paar fotosessies van hulle speelsessie langs die spoorlyn gehou.


Stofpadtrappers langs die spoorlyn
Foto: Facebook

Die dag se ryery het die Oxbow-ringroete ingesluit en hulle het ook die heuwel naby Laerskool Witpoort aangedurf voor die terugtog aangepak is.

Die Stofpadtrappers is ’n sosiale fietsrygroep wat die grondpaaie oos van Pretoria aandurf en so ver as Bapsfontein, Cullinan en Bronkhorstspruit ry.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger