Moreletaparker stap maraton in sy buurt Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 16 July 2021 06:49
Untitled Document

René Oosthuizen, ’n 69-jarige Moreletaparker, het in Junie sy eie maraton, ’n 90 km straatroete, in sy buurt gestap.

René doen sedert November 2017 Fitbit en sy daaglikse doel was 11 000 treë en 99 verdiepings. In voorbereiding het hy die afgelope 18 maande ‘Bug’s Life’ fiksheidsklasse gedoen.

Sedert Maart het hy ’n een kilometer straatroete rondom sy huis in Moreletapark X2 gedraf – eers net twee rondtes en daarna vyf rondtes. In April het hy 21 rondtes begin draf en stap en in Mei het hy ’n 13-rondte draf met ’n 10-rondte stap afgewissel. Die roete het ’n helling en hy moes ongeveer 20 meter ‘klim’, wat oor ’n 90 km roete uitkom op ’n ‘klim’ van ongeveer 1 800 m.


René Oosthuizen is aangemoedig deur sy kleinseuns, die sesjarige Evan en agtjarige Aidan
Foto: Noxolo Sibiya

René het besluit om die 90 km eerder net te stap, in plaas van ’n kombinasie van draf en stap, en tot die middel van Junie het hy op vyf rondtes per dag gefokus.

Hy het in 1979, toe hy 27 jaar oud was, sy eerste Comrades gedoen en sy doel is om die Comrades nog een keer op 81 jarige ouderdom te voltooi.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger