Nog ’n Bronnie-foto word ’n skildery Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 16 July 2021 06:47
Untitled Document

Elke nou en dan gebeur dit dat iemand so in vervoering raak oor ’n foto wat in die Bronnie se leserslens-afdeling geplaas word, dat hy of sy voel dit is ’n toneel wat op die skilderdoek vasgevang moet word.


Die onderskrif by dié foto in Desember 2019 was: Die vreugde van kindwees op die platteland ná ’n welkome bui reën is hier deur Emma Koekemoer vasgevang

Emma Koekemoer van Rayton se Desember 2019 foto van twee dogtertjies wat deur ’n modderpoel hardloop het Makkie du Plessis so geïnspireer dat sy ’n olieverfskildery daarvan gemaak het.


Makkie du Plessis se olieverfweergawe van Emma Koekemoer se foto

“Dit het my laat terug verlang na my kinderjare in die Bosveld ná ’n reënbui,” sê sy. 

Makkie woon in Faerie Glen en beskryf haarself as ’n bejaarde amateur skilder.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger