Wat is dié ding? Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 July 2021 06:42
Untitled Document

Tish Booysen van die Bronberg-gebied:
Ek sluit hierdie foto in wat my dogter, Rentia, geneem het. Ek sal baie bly wees as u vir my sal laat weet wat dit is. 


Die eienaardige gedierte

Petro Lemmer van Cullinan antwoord:
Dis die larwe van ’n “Monkey moth”. ’n Afrikaanse naam vir hierdie motte is nie aan my bekend nie. Hulle behoort tot die motfamilie Eupterotidae. Die motte van hierdie familie het almal baie harige lywe, vandaar die naam “Monkey moths”.

Die larwes is almal baie harig; sommige spesies met lang hare, soos in die foto wat Tish Booysen gestuur het. Ander is regte “brandwurms” waarvan die hare erge allergiese reaksie by mense veroorsaak.

Die larwe wat geïllustreer is in Pinhey se ‘Moths of Southern Africa’ is die van Janomima westwoodi, oftewel “Inquisitive monkey” en lyk soos die larwe in Tish se foto.

My seun het as kind op ons plot oos van Pretoria met hierdie harige larwes gespeel sonder nadelige uitwerking.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger