Mooiplaats se veldblomme Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 July 2021 06:39
Untitled Document

Miemie van der Merwe van Moreleta Park:
Ek wil graag reageer op Chris Hershensohn se skrywe oor die veldblomme [‘Fokus op veldblomme’ in Junie 2021].

Ons het vir 55 jaar op Mooiplaats gewoon. Daar het my belangstelling in die veldblomme begin. Ek was gelukkig om ’n boek oor veldblomme aan te koop. Daaruit kon ek die veldblomme identifiseer. Die boek is in 1997 gedruk. Weet nie of dit nog beskikbaar is nie. ‘Wild flowers of Northern SA’, teks deur Gerrit Germishuizen en skilderwerk deur Anita Fabian.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger