Misverstand Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 July 2021 06:36
Untitled Document

Faan van Rensburg namens Shere Waterwerke:
‘Such a waste’ in Die Bronberger se Junie-uitgawe: Ek verwys na die maandelange waterlek in Lynnwoodweg bokant CAHI soos genoem in die brief waarop mnr Mike Strange geantwoord het.

Dit was nie Shere Waterwerke (private netwerk) se waterlek soos mnr Strange terugvoer gegee het op bogenoemde brief nie, maar wel Tshwane se waterlek uit hulle groot waterpyp. Tshwane het ongeveer twee weke terug die lek herstel.

Ek is ’n direkteur van Shere Waterwerke en wil net bevestig dat, indien daar ’n lek op Shere Waterwerke se netwerk is en ek of ander van ons direkteure bewus is van die lek, word ons loodgieters onmiddellik gekontak en word die lek so gou moontlik herstel.

Sal u asseblief in die Julie-uitgawe die misverstand regstel.

Baie dankie ook vir hierdie prag tydskrif. Geniet hom/ haar baie!

Mike Strange, councillor for ward 101 answers:
Errata: This leak was from a valve chamber on the Water Lake supply line, which is maintained by Tshwane and has been repaired. A previous leak near this location on the Shere Water network was repaired timeously.

The road repair request has been escalated to Gauteng Roads Department.

 

© 2024 Die/The Bronberger