News -
Briewe
|
Friday, 16 July 2021 06:33 |
Untitled Document
Eus de Clerk van Cullinan:
Sowat ’n jaar gelede het ek rapporteer dat die straatlig oorkant Oaklaan158 in Cullinan, buite werking was. Daar is toe aan my verduidelik dat dit ’n kabelfout is, en dat die munisipaliteit se elektrisiëns net wag vir die instrument (kabelfoutverklikker) om presies te bepaal waar die fout lê.

Al wat oor is van die straatlig
Niks het daarvan gekom nie – alhoewel ek gereeld navraag gedoen het. Tot vandag! Toe ek vanmiddag daar verby stap, sien ek dat die lamppaal verwyder (gesteel?) is, en al wat oorgebly het, is die kaal elektriese drade wat skugter uit die gat vir my loer.
Wat sê die Engelse? “Problem solved.”
Admins op die dorp se munisipale WhatsApp groep het laat weet dit is aan hulle deur die betrokke owerheid meegedeel dat die paal glo verwyder is, omdat dit deur ‘n motoris omgery is. Die bewering is glo ook gemaak dat die huiseienaar plaveisel op die sypaadjie gelê het en nie wou toelaat dat dit opgekap moet word om die kabelfout reg te stel nie. – Red |
|