Leserslens Junie 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 18 June 2021 05:44
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Emma Koekemoer het dié foto in die mooi aandskemering van die gebied geneem


Laurika van der Linde sê dié bytjie is nie in die spinnerak vasgevang nie, maar het blykbaar ’n soetigheidjie daar raakgeloop


“Tussen treine, tussen stasies, lê daar basies net die leë spore . . .” Eus de Clerk het dié lirieke aangehaal toe hy sy foto van die onbenutte treinspoor en wintergras op Cullinan geneem het


“My hartjie my liefie die son sak weg.” Só beskryf Johan Pretorius van Stillbosch dié foto wat hy van twee kwêvoëls in ’n blinkblaar-wag-’n-bietjie geneem het


Laatmiddag op 9 Junie het onverwagte koue- en reënwolke nie die rooiwarm vertroosting van aalwyne in die voorgrond se mooi geblus nie
Foto: `Alet Erasmus

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger