News -
Ons Mense
|
Friday, 18 June 2021 05:39 |
Untitled Document
Wet Nose Dierereddingsentrum het op 29 Mei ’n pretdag met die tema ‘Amazing Race’ gehou.
Deelnemers het om 9 vm geregistreer en die skattejag het om 10 vm met 45 mense afgeskop. Mense kon as individue of spanne inskryf en die jagtog op dié 35 hektaar plasie op Vaalbank het deelnemers in alle rigtings laat hardloop. Een van die uitdagings was om ’n hond uit die reddingsentrum op ’n sekere deel van die skattejag te laat saam hardloop op soek na leidrade.

Honde uit die reddingsentrum moes saam hardloop op soek na leidrade
Foto verskaf
Pryse van ’n verskeidenheid borge sowel as Wet Nose se eie kliniek, troeteldierwinkel en koffiewinkel is dié dag gewen. |
|