Groot blydskap oor nuwe roete Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 June 2021 05:38
Untitled Document

Kungwini Welsynorganisasie op Zwavelpoort se splinternuwe fietsry- en staproete, waar inwoners en personeel daagliks veilig op die organisasie se eie kleinhoewe kan oefen, is op 28 Mei amptelik geopen.

Een van die organisasie se vrywilligers, Robert Fisher, het inwoners se fietse die dag voor die tyd reggemaak. Groot opgewondenheid het geheers en inwoners het hulle fietse gewas en het solank rondom die gebou geoefen in afwagting op die groot dag.


Die amptelike afskop van KWO se fietsry- en staproete
Foto: KWO

Personeel en inwoners het die roete behoorlik ingewy en het lekker gelag vir die snaakse gesegdes wat oral langs die roete op bordjies aangebring is.

Werk aan die roete is in April begin toe Chavani hulle dienste aan die organisasie beskikbaar gestel het. Geborgde masjinerie en ’n gespesialiseerde drywer het seker gemaak alles verloop volgens plan.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger