Wie het daar gebly? Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 June 2021 05:21
Untitled Document

Marita Boshoff van Cullinan:
Wou al ’n paar jaar gelede by julle hoor of julle inligting het oor die pragtige sinkhuis in Governmentweg 36, Cullinan.

My dogters het van 2009 tot 2011 daar by Elna van der Merwe musiekteorieles ontvang. Hulle het die huis verkoop en woon in Bloubergstrand.

Ek neem aan dat die huis vir die mynkaptein of ingenieur gedurende die laat 1800’s opgerig is.
Sal graag wil weet wie in die meer as 100 jaar daar woonagtig was. Waar kan ek die inligting bekom?

Ons het Marita laat weet dat die ou sinkhuise op Cullinan uit Skotse katalogusse bestel is en vanaf 1903 opgerig is. Mense met meer inligting oor dié bepaalde huis kan ons gerus kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-734-0522. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger