News -
Briewe
|
Friday, 18 June 2021 05:18 |
Untitled Document
Cobie Odendaal van Pretoria:
Die een seker ding in die lewe is dat ons almal oud en sorgbehoewend word. Dit is ’n skok die dag wat jy agterkom jy raak nou jou ouers se versorger, maar hoe gemaak as die sorg permanent moet word?
Jy as ‘kind’ het eie huis en haard en daar is soveel teenstand van jou ouers om hulle huis met alles wat hulle deur hulle lewe bymekaar gemaak het, agter te laat. Dit lei ook na hartseer as die kosbaarhede opgeveil of verkoop moet word, want kinders is oorsee of het net reeds huise propvol van hulle eie goed.
Die sorgfirmas het mense beskikbaar – sonder lisensies, bereid om ook huiswerk te doen. Wat gebeur met die bediende wat al 20 jaar daar werk? Steek jy haar nou in die pad om plek te maak vir iemand met ’n noodhulpsertifikaat?
Dit is die plek waar ek my nou bevind. Ek is op soek na ’n engel wat na ’n woonplek soek, maar bereid is om ’n moeilike oupa te help bad, versorg en inkopies te doen. ’n Engel wat wil dogter speel vir twee oumense van 91 en 84, omdat hulle eie dogter ’n huis, man, beroep en nog ’n huisvol kinders het. Is jy dalk daardie engel?
Bel my by 082-337-5616. |
|