Vanuit Rusland Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 June 2021 05:15
Untitled Document

Albie Laubscher van Faerie Glen:
Ek lees julle e-pos vandag in Moskou, Rusland waar my vrou en ek vir ’n wyle vertoef.

Dit is vir my hartlik om die lesers se waardering vir Die Bronberger te lees. Hoe waardeer ’n mens nie die alledaagse as jy eers daarvan verwyderd is nie!

Die Bronberger is so ’n uiters belangrike publikasie in die abnormale tyd waarin ons leef! Sonder hierdie pilaar sal ons Oos-Pretoria kultuurgebou weliswaar wankelrig vertoon.

Ons hoop om kort voor lank terug te keer na ons huis in Faerie Glen; intussen wens ons julle almal net die beste toe.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger