News -
Briewe
|
Friday, 21 May 2021 02:41 |
Untitled Document
Martie Kraamwinkel van Elandshoek:
Daar is ’n paar goed wat moeilik is om te verstaan. Vir my nou. Eerstens verstom ek my nog altyd daaraan dat ’n fontein standhoudend kan wees. Of ’n waterval. Of ’n rivier.
Tweedens vervul radiogolwe my met ontsag. Sjoe! Derdens verstom ek my aan mense wat so lief is vir stof, dat hulle onder jou stert kom inkruip op ’n grondpad.
Laastens wonder ek altyd hoekom mense wat wil regs draai by ’n kruising, amper op die linkerkantse sypaadjie gaan draai in plaas van om die wit streep in die middel van die straat as riglyn te gebruik.
Dalk wil hulle die mense agter hulle dwing om hulle Kaapse draai te bewonder in plaas daarvan om links te kan verbygaan. |
|