Dapperheid word onthou Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 23 April 2021 06:23
Untitled Document

Dit is nie aldag dat ’n mens ’n handtekening kan kry van iemand wat jy bewonder nie. Sersant-majoor Riaan Von Bentheim van Kaapstad het Cullinan op 31 Maart spesiaal besoek sodat iemand aan wie die gesogte Honoris Crux toegeken is, sy boek, ‘Cross Of Honour’, kon teken. 


Oud kolonel Nick Mostert, links, en sersant-majoor Riaan Von Bentheim, regs
Foto’s: Verskaf

Oud kolonel Daniël Nicolas Johannes (Nick) Mostert het in 1976 as jong tweede luitenant die gesogte Honoris Crux No 31 vir dapperheid ontvang nadat hy troepe uit ’n brandende magasyn vol bomme en plofstof op die Eenhana-basis aan die noordgrens van Namibië gered het. Slegs 226 lede in die Suid-Afrikaanse Weermag het die Honoris Crux verwerf. 


Oud kolonel Nick Mostert se handtekening by sy foto in ‘Cross Of Honour’

Nick en Riaan het mekaar by At Church ontmoet, waar Nick meer van sy wedervaringe vertel het.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger