Tierpoort groet ’n geliefde inwoner Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 23 April 2021 06:23
Untitled Document

’n Bekende en geliefde inwoner van Tierpoort, Amanda Alberts, is op 14 Maart oorlede ná ’n drie-jaar-lange stryd teen kanker.

Sy en haar man, professor Hennie Alberts, het vir ongeveer 30 jaar op plot 110 Tierpoort gewoon. Saam het hulle ’n groot bydrae tot die gemeenskap gelewer en was ook aktiewe lede van die Tierpoort Seniors.


Dié foto van Hennie en Amanda Alberts is op 2 Desember verlede jaar by die Tierpoort Seniors se Kersete by Lavandou geneem

Amanda, wat op 19 Mei 1947 gebore is, se gedenkdiens was op 24 Maart by die NG Kerk Welbekend. In dié diens, wat ook op die kerk se Facebook-blad uitgesaai is, is huldeblyke aan Amanda gelewer wat sê dat sy onthou sal word vir haar optimisme, opgewondenheid oor die lewe, humor, sagmoedigheid, vriendelikheid, die vredemaker wat sy altyd was en as gelowige Christenmens.

“Ons troos en seënbede gaan aan haar man Hennie, haar kinders, Hendrie en Laetitia, skoonkinders en vyf kleinkinders,” sê Marietjie Alers van die Tierpoort Seniors

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger