Tierpoort Seniors verjaar Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 23 April 2021 06:22
Untitled Document

Tierpoort Seniors het die groep se agtste verjaarsdag by hulle eerste byeenkoms vir 2021 gevier.

Op 7 April 2013 het ’n paar komiteelede die eerste byeenkoms vir ’n klein groepie seniors by Shokran in Tierpoort gereël. Dit het maandeliks gegroei tot ’n groep van byna 100 seniors uit die omliggende gebiede, wat gelei word deur ’n komitee van 10 lede.


Marietha en David Bodenstein

Op 7 April is dié groep se stigting by Royal Jontica in Garstfonteinweg herdenk. “Alhoewel etlike lede ons deur die afgelope jare ontval het, is hegte vriendskappe gesluit en kon ons mekaar in blydskap ná die grendeltyd ontmoet,” sê Marietjie Alers.


Andre Rossouw soos min mense hom ken

Die saal was feestelik geklee en seremoniemeester, Theresa Joubert, het almal hartlik verwelkom met gepaste aanhalings uit John Maxwell se boek, ‘Make Today Count’.


Lenie Cilliers, Martie de Klerk, Renita Malherbe, Lettie van Tonder en Annetjie Pienaar

Daarna het die pret begin met ’n foto-stasie, opgerig deur voorsitster Jouline Botha. Die foto’s getuig van pret wat met mekaar gedeel is.


Yvette Steyn by Estelle en Wolfgang Schneider

Die kostafel het gekreun onder die partytjieborde, wat deur die komitee voorsien en berei is. Gasvrou, Maryna Steyn, het goedgunstiglik verskeie verjaardagkoeke uit hulle bakkery vir die nagereg voorsien.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger