Skote klap Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 23 April 2021 06:19
Untitled Document

’n Skietdrama het op 8 April naby ’n vulstasie in Mooikloof afgespeel. Twee mans, wat daar gewond is, het na Woodlands Boulevard gevlug waar hulle aanvanklik as potensiële rowers aangesien is.

Polisiewoordvoerder, sersant Yeroboam Mbatsane, sê dat dié twee mans besig was om kos naby die Mooikloof-vulstasie te koop toe daar op hulle losgebrand is. Vier gewapende verdagtes het verskeie kere uit twee voertuie na hulle geskiet.

Die twee gewonde mans kon by hulle voertuig uitkom en het na ’n Absa-tak in Woodlands Boulevard op die hoek van Garstfonteinweg en De Villebois Mareuil gevlug.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger