Versot op Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 23 April 2021 06:11
Untitled Document

Neels Marais van Alberton:
Kan u asseblief my naam op Die Bronberger se e-pos databasis sit. Ons was vyf jaar in Bronkhorstspruit waar ons gereeld Die Bronberger by die plaaslike koöperasie gekry het. Ons het in Desember 2020 terug getrek na ons huis in Alberton, maar is so versot op die tydskrif dat ons dit steeds wil lees, al is dit nou elektronies.

Ons was Maandag juis gou in Bronkhorstspruit en het by die koöperasie ’n paar eksemplare gekry. Ons gee ook vir my skoonma een as ons by haar kom. Sy is in Bougainvillea aftree-oord.

Nogmaals baie dankie vir ’n fantastiese tydskrif. Doe zo voort.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger