Hartseer einde Print E-mail
News - Briewe
Friday, 23 April 2021 06:08
Untitled Document

Bessie Keun van Lydiana skryf:
Baie geluk met die uitstekende artikel, ‘Bokwagtertjie trap diep spore tot voorstad na sy herehuis vernoem word’, deur Angie Kleijn in die Maart 2021 uitgawe van Die Bronberger.

Daar word gepraat van Hennie Grobler, kleinseun van Piet Grobler, wat die laaste bykans 37 jaar in die huis gewoon het en in 2019 oorlede is.

Daar is ongelukkig ’n hartseer einde aan die artikel. My sus, Dalene Grobler, wat met Hennie getroud was, is skielik op 15 Desember 2020 aan ’n brein-aneurisme oorlede. Sy was musiekonderwyseres, orrelis en baie betrokke by die Gereformeerde Kerk Silverton en was gesond en aktief tot met haar dood.

Sy is net ’n maand voor haar dood weer getroud met Corrie Sweers, wat sy omtrent 40 jaar geken het. Geeneen van hulle drie kinders se omstandighede is van so ’n aard dat hulle in die huis kan gaan bly nie, so die huis was in die mark en hulle het ’n aanbod aanvaar.

Die artikel van Angie sal in die jare vorentoe mooi herinnerings in stand hou.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger