Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 19 February 2021 17:36
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Die Wapadrand Familiemark het na die onderdak parkeergrond by Atterbury Value Mart in Atterburyweg geskuif. Dié mark bied elke Saterdag en Sondag van 9 vm tot 3 nm tuisgemaakte produkte en kos. Sosiale afstand moet gehou word en maskers is nodig vir toegang. Handreinigingsmiddels is by elke kraampie beskikbaar. Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp na 083-795-2840.

~*~


Dewald Wasserfal tree op 26 en 27 Februarie om 5 nm op by Die Blou Hond by Casa Toscana Lodge. Vooraf verpakte kos sal by die tafels bedien word en kos R75 vir ’n maaltyd. Sitplekke word volgens Covid-19 sosiale afstand-reëls bepaal. Kaartjies vir die opvoering kos R200. Die teater is in Darlingtongweg 5, Lynnwood Manor. Skakel 012-348-8820.

~*~


Daar is nog baie gesinne in die Rayton- en Cullinan-gebied wat van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en ander liefdadigheidsinstansie afhanklik is vir bystand met kos. Kosvoorraad by die CMR is uitgeput en hulle vra vir dié wat kan, om skenkings te maak. Jy kan die kos by CMR se Rayton-kantoor aflaai. Skakel 012-734-8000. Praat met maatskaplike werker Chanté Marais by 082-705-8722 as jy ’n ander plan wil maak.

~*~


Die Cowhouse Mark in Ridgeweg, Hazeldean is in Februarie oop met ’n paar koskraampies en ietsie te drinke. Markdatums vir Maart is elke Saterdag en Sondag van 9 vm tot 4 nm. Besoek www.cowhouse.co.za of skakel 061-487-2083.

~*~


Die Atterbury-teater het planne beraam sodat kultuurliefhebbers die teater en kunstenaars kan ondersteun in ’n tyd wat produksies nie aangebied kan word nie. Hibernasie Stasie het op
27 Januarie afgeskop. Dit bestaan uit ’n opwipwinkel in die voorportaal en motorwassery op die parkeerterrein. Die winkel is Woensdae tot Vrydae van 10 vm tot 4 nm oop en Saterdae van 9 vm tot 2 nm. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951. Die teater se nuwe e-biblioteek, by www.optog.co.za, maak toneel- en musiekproduksies vir ’n langer tydperk beskikbaar, soos ‘Mondig – Nataniël en Charl’, wat op 30 en 31 Januarie voor klein gehore op die verhoog verfilm is. Dié platform sal voortaan weekliks konserte ryker word. Stuur navrae per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die fisiese FAK Genealogie- en Familie-Erfenisfees, wat in April sou wees, word met uitsendings op digitale platforms vervang. Belangstellende uitstallers word dringend genooi om Isabel Groesbeek te kontak, indien hulle in Maart beskikbaar sal wees vir opnames van ’n lewendige gesprek, met insluiting van beeldmateriaal, vir uitsending deur die loop van April. Die doel van dié gesprekke is die bekendstelling van navorsers of ’n familiebond se navorsing aan die wyer publiek. Die fisiese fees word net uitgestel en sal plaasvind sodra inperkingsmaatreëls dit toelaat. Stuur ’n e-pos aan Isabel: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The economic downturn and COVID-19 pandemic left most people stunned. Aquilla Training has been presenting a number of online workshops to help people. The first workshop on Covid-19 is still available free of charge. ‘Covid-19 recovery and revival’ is the second online workshop, aimed at the importance of your wellbeing amid all the uncertainty, job losses, relationship trouble and grieving. Another workshop is ‘Reality of suicide and self-harm’, aimed at anyone who hears the cries of those who are affected by self-harm, attempted suicide and suicidal ideation. A five-hour workshop costs R400. Visit www.aquilla.co.za or phone dr Barbara Louw, 083-700-1441, or rev Wynand Louw: 083-676-0451.

~*~


‘Verstaan en beplan jou eie sonkragstelsel’ is die naam van ’n aanlyn kursus wat op 13 Maart van
8 vm tot 5 nm deur KragDag aangebied word. Die koste is R1 600. Dié fotovoltaïese sonkrag-ontwerp-en-installeringskursus is geskep vir mense, organisasies of klein ondernemings wat basiese inligting oor die grootte, beoordeling en installering van sonkrag-stelsels benodig. Dit is die eerste been van ’n tweeling kursus. Die tweede been gaan spesifiek oor batterye. Skakel 087-231-1644, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.kragdag.co.za.

~*~


As jy in die Anglo-Boere-oorlog belangstel, kan jy saam met slagveldtoergids, Rob Milne, die Diamond Hill-slagveld op Kleinfontein en Rhenosterfontein besoek. Dit sluit ’n besoek aan die militêre begraafplaas, ’n piekniek-middagete en ’n staptog op die slagveld in. Praat met Rob by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of 076-792-8107.

~*~


The owner and creator of the Mystery Ghost Bus and Mystery Ghost Jaunts, Mark Rose-Christie, is hosting online videos with intriguing ghost stories. To learn more, visit the website www.MysteryGhostProductions.co.za. To ensure that you and friends know the dates when each episode is launched, visit the Facebook Page called Mystery Ghost Productions (previously called Mystery Ghost Bus of South Africa).

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger